Als oor kop

Als oor kop CC wou nooit met merino s boer soos haar pa se begeerte was nie Trouens sy wil glad nie boer nie Die ander uiterste is waarheer haar hart trek modes ontwerpe kleure tekstuur En dit is wat hierdie

  • Title: Als oor kop
  • Author: Bernette Bergenthuin
  • ISBN: null
  • Page: 459
  • Format: Paperback
  • CC wou nooit met merino s boer soos haar pa se begeerte was nie Trouens, sy wil glad nie boer nie Die ander uiterste is waarheer haar hart trek modes, ontwerpe, kleure, tekstuur En dit is wat hierdie onversetlike hardekop met n flair van boheemsheid uiteindelik bereik Sy word n modeontwerper met net een voorbehoud geen trourokke nie.

    One thought on “Als oor kop”

    1. CC se pa het ‘n droom dat sy ‘n boer moet word. CC verset haar teen hierdie droom want sy is ‘n modeontwerper. Haar hart trek nog altyd na ontwerpe en tekstuur. Maar, daar word nog verder met CC se kop gesmokkel. Haar pa het die beeldhouerbuurman as vennoot in haar erfdeel benoem.Bergenthuin se dialoog vloei maklik en daar is geen ingewikkelde legalese of wetlike ingewikkeldhede nie. Sy skryf so dat mens alles kan verstaan waarna sy verwys sonder om te wonder wat sy eintlik wou sê. Die sk [...]

    2. Ek geniet Bernette Bergenthuin se boeke baie. Haar dialoog vloei gemaklik want dit is geskryf in gebruikstaal – ek verstaan wat die mense sê! Dis heerlik om in ‘n boek in te kruip en eers bewus te word van die buitewêreld wanneer jou boud naalde-en-spelde word en jy jou gewig na die ander een moet skuif. Ek hou van CC. Sy het ‘n kop van haar eie en sy is selfstandig, selfs deur moeilike tye. Ek hou van haar pragmatisme in dat sy verby haar afkeure kyk en ‘n plan maak; sy sien haar weg [...]

    3. Het ek nou hierdie boek geniet! Bernette Bergenthuin het só die lewe van ‘n eenvoudige meisie opgetower, dat jy self jou eie vlerke wil span en die wilde vreemdes in vlieg. Die humorristiese sê-goed wat sy kwyt raak, laat jou lag dat die trane loop. Sy het net ‘n manier om ‘n alle daagse gebeurtenis so komieklik uit te druk, dat jy die vrase met iemand dadelik wil deel. Soms raak die storie so bietjie “warm” maar gaan nooit te ver nie. Ek weet nogsteed nie of ek die boek vir ‘n tie [...]

    4. CC is ‘n modeontwerper met een reël: Sy ontwerp nie trourokke nie. Tot haar pa se teleurstelling, het sy nooit op sy plaas geaard nie. Wanneer hy sterf, erf CC Genadewater, mits sy die plaas vir twee jaar lank bestuur. Asof dit nie erg genoeg is nie, moet sy dit doen onder die toesig van haar pa se buurman, die aantreklike Jurgen Scholtz. In Als oor Kop het Bernette Bergenthuin ‘n stylvolle heldin en ‘n lekker plaasatmosfeer geskep.

    5. CC Veldsman wou nog nooit met merinos boer nie, sy wil Christian Louboutins dra en klere ontwerp. Daarom groet sy onseremonieel die plaas en haar pa. Maar soms moet 'n mens eers op jou spore terugloop en vrede maak met jouself voordat daardie blink lewe waarvan jy altyd gedroom het vir jou geluk bring. Als oor kop is die tipe liefdesroman wat jy in een sitting lees - verkieslik in jou bed met tjoklits.

    6. Die boek was baie oulik, dis net die deel onder "drie somers later" wat voel of daar te veel inligting in paar paragrawe ingedruk word. Sou graag meer detail wou lees oor CC en die ander meisies se troues.

    7. 'Elke emosie wat al ooit deur 'n vrou ervaar is, tango deur haar gemoed.'CC Veldsman keer soos die verlore dogter terug na haar tuisdorp vir haar pa se begrafnis nadat sy agt jaar gelede haar geluk in die Kaap gaan soek het. Haar lewe is 'n gemors al is sy te bang om dit hard-op te erken. Sy is in 'n vernietigende verhouding en haar droom, Veldsman Couture, is op die randjie om gelikwideer te word. Haar pa se testament bied vir CC die uitweg op meeste van haar probleme net om met nuwes vervang t [...]

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *